Kylie se Blomme - Agtergrond
Kylie se Blomme is die Afrikaanse vertaling van Kylie's Blossoms wat in 2012 uitgegee is deur Mockingbird Books. Hierdie veelsydige kinderboek (vir ouderdom 5 tot 12) is geskryf deur Maria Jordan en geïllustreer deur Mike Friedman - albei gewilde Amerikaanse skrywers wat die geleenthede aangryp wat deur die Internet aan skrywers gebied word. Sedert 2012 is Kylie’s Blossoms in Spaans vertaal en nou ook deur my in Afrikaans.
Maria Jordan se unieke skryfstyl – ‘n mengsel van prosa en digkuns – het my geboei en uiteindelik geïnspireer om Kylie's Blossoms in my geliefde moedertaal, Afrikaans, te vertaal.

Wat gebeur in Kylie se Blomme
Die hoofkarakters in Kylie se Blomme is ‘n sewejarige dogtertjie en haar geliefde teddiebeer. Wanneer hulle saam deur die tuin stap, ontdek hulle blomme wat dan as vriende bestempel word. Net soos Teddie kan die blomme praat en vorendag kom met wyse raad wat Kylie nodig het.
Die boekie bestaan uit twaalf hoofstukke – een vir elke maand van die jaar. Elke hoofstuk beslaan twee bladsye, insluitende die illustrasie. In elke hoofstuk val die kollig op ‘n spesifieke blom. Die skrywer het my toegelaat om die volgorde van die oorspronklike Kylie’s Blossoms se hoofstukke te verander sodat dit ooreenkom met Suid-Afrika se seisoene. Julie, wat middel-somer in Amerika is, is byvoorbeeld Desember in Kylie se Blomme.
Hoewel die betrokke maand se openbare vakansiedag nie noodwendig die hoofstuk se tema is nie, word dit wel as ‘n subtitel aangetoon. Hier het die skrywer my ook toegelaat om Amerika se vakansiedae met Suid-Afrika s’n te vervang. Só word die leser se aandag nie alleen geplaas op ‘n blom wat tydens ‘n spesifieke maand blom nie, maar ook op 'n spesifieke maand se openbare vakansiedag.
Kylie se Blomme is gedruk in volkleur. Elke hoofstuk het sy eie kleur. (Ek was nogal verras toe my kleindogter, wat die oorspronklike Kylie's Blossoms op agtjarige ouderdom as 'n geskenk van die skrywer ontvang het, onmiddellik opgemerk het dat elke hoofstuk 'n spesifieke kleurtema het. Hierdie einste kleindogter van my is nou twaalf, en gaande oor die Afrikaanse vertaling.)

Kylie se Blomme is ‘n kinderboek met meer as een opvoedkundige oogmerk
Kylie se Blomme kan voorgelees word deur ‘n volwassene aan kinders tussen die ouderdom van vyf en sewe jaar. Volwassenes wat daarvan hou om stemme te vertolk, sal die boekie vanuit die staanspoor as ‘n immergroen treffer klassifiseer.
Vanaf ongeveer agtjarige ouderdom kan ‘n kind Kylie se Blomme self lees. Daar is wel een of twee ‘groot’ woorde in elke hoofstuk, maar verstaanbaar in die konteks en dus ter verrykking van 'n kind se taalbegrip en woordeskat.
In die klaskamer, of tuis, kan Kylie se Blomme gebruik word deur ‘n groep van drie tot vier. Met vier stemme per hoofstuk – dié van die verteller, van Kylie, van Teddie, van die blom, en in sommige hoofstukke selfs van Kylie se moeder, kry elke kind in die groep ‘n beurt om hardop te lees.
Op die verhoog kan Kylie se Blomme as ‘n opvoering deur 'n groep aangebied word, of selfs deur meer as een groep, afhangende van die rolverdeling. Onderwysers sal onmiddellik die moontlikhede hiervan insien.
Tuis kan ‘n familie, of slegs die kinders, ‘n gehoor bestaande uit familielede vermaak deur een of meer van die hoofstukke op te voer. Hierdie moontlikheid val reg in die kraal van ouers en grootouers wat graag spesiale herinneringe tydens familie-samekomste skep.
Die opvoedkundige waarde van die illustrasies in Kylie se Blomme kan ook nie misgekyk word nie. Die styl is elementêr en kan op verskeie maniere deur ‘n onderwyser gebruik word om ‘n leerder van enige ouderdom se sin vir kuns te ontwikkel.
Kylie se Blomme is ‘n aanwins vir enige huis- en skoolbiblioteek!

Een hoofstuk in Kylie se Blomme
Waar kan Kylie se Blomme gekoop word
Die posgeld wat Amazon vra vanaf Amerika na Suid-Afrika is buitensporig hoog - R240 per boek! Die druk van 'n volkleur boek in Suid-Afrika is ook buitensporig hoog. Daarom was ek genoodsaak om 'n plan te maak - soos wat 'n Boer mos maar maak - om Kylie se Blomme bekostigbaar in SA te kry. (Let wel, 'n skrywer en vertaler het geen sê wanneer dit kom by die bepaling van boekpryse by amazon.com nie! Om alles te kroon, is die koste van amazon.com se dienste meer as 50% van die verkoopsprys van 'n boek. Maak nou 'n lewe as skrywer met al hierdie hindernisse!)
Te danke aan die plan wat gemaak is, kan die eerste besending van Kylie se Blomme nou verkoop word teen R95 per boek plus posgeld - in teenstelling met amazon.com se belaglike prys van R140 plus R240 posgeld = R380 per boek! Die Amerikaners het vir seker nie 'n benul wat die prys van 'n boek in SA is nie!
Kylie se Blomme kan direk by my bestel word.

Kylie's Blossoms (in Engels) kan ook by my bestel word. | Sannel Larson's review of Kylie's Blossoms |
Kylie se Blomme is ook verkrygbaar in pdf-formaat
Vandag se kinders gebruik tablette en slimfone asof daar nooit tasbare boeke, opvoedkundige handleidings en speletjies was nie. Daarom is Kylie se Blomme sowel as Kylie's Blossoms ook deur middel van e-pos in pdf-formaat beskikbaar teen R30 per boek. Na als, om geld te maak is nie die skrywer, illustreerder en vertaler se belangrikste doelwit nie. Ons belangrikste doelwit is om 'n goeie, waardevolle storie te skryf wat gelees en geniet word.
'n Laaste woord oor Kylie se Blomme
Kylie se Blomme is werklik 'n mooi, oulike, veelsydige en veelkleurige boekie met opvoedkundige waarde. Van kinders tot by oumas en oupas sal hartlik met my saamstem.